NewsSchools

Nuwe hoof aan die stuur by Hoërskool Oosterlig

Francois Nel is onlangs as die nuwe hoof van dié skool aangewys nadat hy reeds diep spore hier getrap het.

Aan die stuur van Hoërskool Oosterlig sit daar geen nuweling nie, maar die welbekende Francois Nel.

Na die voltooiing van sy diensplig is hy by Hoër Handelskool Boksburg aangestel wat later verskuif het en toe ’n naamsverandering na Hoërskool Oosterlig ondergaan het. Hy is sy hele loopbaan al aan Oosterlig verbonde.

Nel is na ongeveer ses jaar as onderwyser as Departemenstshoof Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangestel. Vier jaar later is hy as adjunkhoof aangestel en hy is bekend vir sy deeglikheid as rekeningkunde onderwyser.

Hy het die skool se heel eerste rugby- en krieketspan afgerig en was die afgelope jare by die afrigting van rugby, krieket, sowel as atletiek, betrokke. Sy gusteling somersporte om af te rig is atletiek en krieket terwyl rugby sy gunsteling wintersport is.

Nel is ook lief daarvoor om jaarliks hokkie- en netbaltoernooie mee te maak.

“Ek is dankbaar, gelukkig maar ook effens bang vir die groot uitdaging wat nou oor my pad gekom het,” vertel Nel.

“Ek glo die geheim van sukses lê in harde werk. Harde werk loop nou saam met dissipline en wedersydse respek.

Hy voeg by dat kinders sy grootste passie sal bly.

“Daarom is dit vir my belangrik dat Oosterlig gelukkige kinders in die wêreld instuur en dat hulle die vermoë aangeleer het om hard te werk en sukses te behaal.

“Hoërskool Oosterlig se leuse Carpe Diem is so pragtig samevattend. Almal van ons moet op ’n daaglikse basis die geleenthede wat na ons toe kom aangryp en ten volle benut.”

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button